Author(s): Dolf Britz
Journal: In die Skriflig
ISSN 1018-6441
Volume: 47;
Issue: 2;
Start page: 1;
Date: 2013;
Original page
Keywords: eerste vertalings | Heidelbergse Kategismus | Afrikaans
ABSTRACT
Hierdie artikel diep die geskiedenis van die eerste vertalings van die Heidelbergse Kategismus in Afrikaans uit die primêre bronne op. Die Belydenisskrifte (insluitende die Kategismus) is gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu in Afrikaans oorgesit tydens ’n vertalingsprojek waaraan die drie Hollands-Afrikaanse Kerke van gereformeerde belydenis saamgewerk het. In hierdie geskiedenis kan drie fases onderskei word. Die aanvanklike fase (1913–1927) eindig in die gemeenskaplike oortuiging dat die werk aan die Bybelvertalers oorgelaat moet word. Daarmee is beslag gegee aan ’n tweede fase (1927–1936). In 1936 is die vertaling voltooi en in ’n Formulierboekvir die ‘drie Hollandse Kerke’ gepubliseer. Die derde fase (1936–1950) behels die ontvangs van die Formulierboek. Slegs die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika (GKSA) het die vertaling amptelik aanvaar, omdat dit op die Nederlandse teksuitgawe berus het wat F.L. Rutgers in samewerking met Herman Bavinck en Abraham Kuyper in 1897 vir die Gereformeerde Kerken in Nederland besorg het. Die ander twee Kerke het aansluiting gevind by hulle eie negentiende-eeuse tekstradisie. In 1945 het die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHK) ’n eie vertaling as Belydenisskrifte, gebede en formulieredie lig laat sien. Hierdie vertaling is gebaseer op die (Nederlandse) krities bewerkte teksuitgawe wat Van Toornenbergen in sy boek, De symbolische schriften (1895), opgeneem het. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) het in 1950 sy vertaling van die Belydenisskrifte en Formuliere voltooi. Dit is hoofsaaklik geanker in die (Nederlandse) tekste van die Formulierboek der N.G. Kerk in Z. Afrika(1907), wat op sy beurt ook in ooreenstemming was met die tekstradisie waarmee Van Toornenbergen gewerk het.